Jan-Hendri en Mileska: Jeffreysbaai saam met Beautique Photography. 30 Maart 2013.

Wat ‘n heerlike voorreg was dit nie om saam met Fanie Laubscher van Beautique Photography in Jeffreysbaai oor die paasnaweek ‘n troue af te neem nie.Die troue van Jan-Hendri en Mileska. Ons mede fotograaf was David Higgs.
Wat dit eers lekker gemaak het was die feit dat ons drie fotograwe was wat die troue afgeneem het, en mens het dus van die begin af geweet dat al die hoeke van die troue gedek gaan wees.Die bruidspaar was ook wonderlik vriendelik, avontuurlik en gereed vir pret. Die tafel was gedek vir ‘n pragtige troue…

Nou om net ‘n idee te gee van die legendariese foto’s wat Fanie neem, hier is die foto wat hy geneem het, wat na my mening die foto van die dag was:

Beautique Photography-3Foto Bo: Fanie Laubscher.

Dit was een van daardie dae dat ons (en die bruidspaar) die hele tyd die weer dopgehou het, en gehoop het dat ons van die strand kon gebruik maak vir die foto’s. Ons was reeds die vorige dag op die strand om te kyk vir moontlike plekke waar ons foto’s kon neem. Die ligtoring was een van die plekke wat ons identifiseer het:

untitled (6 of 298)

Die bruidspaar was wonderlik in terme van die hantering van die weer. Terwyl die re├źn neergegiet het, en hulle besig was om papnat te word, was hulle steeds bereid om die gladde rotse te trotseer vir nog foto-geleenthede:
untitled (182 of 298)

Nou, hoewel ons drie fotograwe was wat die foto’s geneem het, was daar ook die familiefotograwe – hoe lekker is dit nie vandag om te sien dat bykans elkeen van ons ‘n kamera by ons dra nie!

untitled (82 of 384)

O ja, die seremonie en onthaal van die troue was by die Links-gholflandgoed naby aan St Francisbaai. So ons kon darem nie anders as om ‘n paar speelse foto’s op die setperk te neem nie:

untitled (930 of 1082)

Ek deel sommer so ‘n paar ander foto’s. Hierdie eerste ene is ook deur Jefferysbaai se legende, Fanie Laubscher. (As iemand ooit in Jefferysbaai se groot nuwe besigheidsentrum kom, gaan loer gerus in by Beautique Photography. – Fanie sal met graagte koffie aanbied, en jy kan loer na van sy ongelooflike mooi canvas-afdrukke van die omgewing!)

In hierdie foto het Fanie die bruid se skoonheid pragtig vasgevang:

Beautique Photography-1

En natuurlik het Fanie ‘n goeie idee gehad vir ‘n foto van die ringe:

Beautique Photography-2
Foto’s Bo: Fanie Laubscher van Beautique Photography.

Ek deel dan ook so ‘n laaste paar foto’s wat die lekker gees van die dag weergee:

untitled (255 of 298)

untitled (165 of 384)

untitled (166 of 1082)

Ons beste wense vergesel die bruidspaar met die lewensreis wat hulle saam aanpak!

 

 

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *