Lizet en Dave – 24 Maart 2012

Ek het al vergeet hoe lekker sy kan lag,” was een van die gaste se opmerkings toe Lizet spontaan in die middel van die dansbaan lag. En ja, was sy nie ‘n stralende bruid nie. Dominees Wollie het tydens die preek verwys na die “strome van lewende water” wat elke egpaar aan mekaar verskuldig is. Dit was ‘n pragtige boodskap oor die oorvloed uit God se hand, en tussendeur was daar die prettige oomblik toe die ring verdwyn het, en almal vir ‘n oomblik moes soek. Ek deel graag so ‘n paar van die foto’s (klik gerus op die foto om dit meer helder te sien):



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *