Ronè en Arnold

 

Hierdie naweek was dit my wonderlike voorreg om Ronè en Arnold se troue by Sebaka Rata naby Sasolburg af te neem. Dit was een van daardie wonderlike dae waar die elemente saamgespeel het om ‘n pragtige dag uitsonderlik te maak. Kort voor die troue was die weer al effe dreigend.

Vroegmiddag het die son so nou en dan kop uitgesteek, en daar was geleentheid om sommer buite in die veld ‘n paar foto’s van die stralende bruid te neem.

Die bruidsmeisies het deurlopend vir pret en vermaak gesorg. Dis mos waarom daar bruidsmeisies is!

Intussen was die wind besig om ‘n hele paar wolkies nader te waai.

Wat na die huweliksbevestiging al meer stormagtig geraak het.  En tog, dis asof die hele natuur saamgespeel het om die egpaar se gelukkige dag skilderymooi af te rond. Ek deel graag ‘n paar van die foto’s:

In een van my gunstelingfoto’s van die dag het ‘n swerm voëls verbygevlieg om die agtergrond in te kleur!

En kort daarna het die reën uitgesak om ‘n hemelse seën oor die paartjie te laat neerdaal.

‘n Pragtige dag saam met ‘n pragtige paartjie!

 



Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *